Benadering
Verkry maandelikse inkomste
- Ongeveer 10% van die koopprys van elke huis word in die naam van die inwoner belê en die inkomste daarvan word maandeliks aan die inwoners uitbetaal.
- Die fonds waarin die belegging gemaak word sal in en om die oord eiendoms beleggings maak wat maandeliks 'n huurinkomste lewer. Sodanige huurkomste sal jaarliks eskaleer, met ander woorde, hoe langer die inwoner in die oord woon, hoe groter sal sy maandeliks inkomste word.
- Die inwoners sal ten volle ingelig wees omtrent die werking van die fonds deur middel van inwoners wat deel is van 'n advies komitee.
- Wanneer inwoners hul huise permanent verlaat, word die belegging aan die bewoner of sy boedel uitbetaal.
“...Jacobsbaai Oord wil aan inwoners die toppunt van die Weskus ervaring bied in ‘n wêreldklas omgewing...”

Visie
Die Jacobsbaai Oord onderneem om die baken te stel vir die aftree oord industrie in Suid Afrika deur inwoners te voorsien van ‘n vlak van finansiële sekuriteit wat ooreesnstem met die fisiese en sielkundige sekuriteit wat normaalweg geassosieer word met ‘n aftree-oord lewenstyl.
Die Jacobsbaai Oord wil aan inwoners die toppunt van die Weskus ervaring bied in ‘n wêreld klas omgewing met volledige ontspannings geriewe tot hulle beskikking. Inwoners sal in staat gestel word om vol, aktiewe lewens te lei in ‘n gerieflike, esteties aanvaarbare omgewing ‘n klipgooi vanaf die Atlantiese Oseaan.


