Logo - Jacobsbaai Oord . Village

Gebruik hierdie geleentheid om inflasie teen te werk en geniet finansiële onafhanklikheid.

Jacobsbaai Oord is ‘n nuwe model aftree-oord wat sover dit versorging aangaan daardie een stap verder as enige ander aftree-oord gaan deur aan sy inwoners ‘n kontant maandelikse inkomste te voorsien. Kliek hier om al die inligting omtrent hierdie eerste in die wereld met betrekking tot finansiële versorging te verky.

Jacobsbaai Oord maak deel uit van die kosbare Weskus dorpie met dieselfde naam, Jacobsbaai.

Foto

Kopers het nou ‘n geleentheid om deel te word van hierdie unieke stukkie ongerepte kuslyn. Geniet ‘n eenvoudiger, rustiger en goedkoper lewensstyl in ‘n pragtige en veilige omgewing met die wete dat ‘n goed deurdagte belegging gemaak is. Hierdie besondere lewenstyl word ondersteun deur al die bykomstighede wat nodig is om die lewe te geniet.

Jacobsbaai is ‘n weggesteekte dorpie halfpad tussen Saldanha en Vredenburg met ‘n oseaan aansig van ongeveer twee kilometer. Die dorpie is heeltemal uit die oog van die aangrensende ontwikkelde areas, asook van die hoof verkeers vloei in die omgewing en word omring deur landbou grond en natuurlike plantegroei. Jacobsbaai is tans een van die vinnigste groeiende areas aan die Weskus.

Alhoewel die dorp as vakansie bestemming ontwikkel was, het sy status verander na die van meer luukse permanente inwoning vir die hoër inkomste groep van die omringende areas. Die behuisings ontwikkeling by Jacobsbaai vind plaas volgens streng argitektoniese riglyne in ‘n poging om ‘n tipiese Weskus vissers dorpie daar te stel.

Sketse