Verkope

Vrae en Antwoorde:

Hoekom is die Jacobsbaai Oord ‘n buitengewone beleggings geleentheid?

Tot op hede is die finansiele sorg van inwoners van aftrede oorde totaal geignoreer deur aftree-oorde. Die huidige situasie in Suid-Afrika onderskraag egter die belangrikheid van finansiele sorg van afgetrede individue. Afgetredenes se vermoë om hulle finansiële posisie na aftrede te verbeter verminder oor die algemeen. Navorsing toon dat bewoners van aftree-oorde as gevolg van stygende lewenskoste na ‘n aantal jaar nie kan bekostig om in hulle aftree huise te bly nie. As teenvoeter vir sodanige gebeurlikhede kry elke inwoner van die Jacobsbaai Oord aan die einde van die maand ‘n kontant inkomste, welke inkomste huur gebasseer is en waarskynlike vinniger op ‘n jaar grondslag sal groei as die onkoste wat teen inflasie koerse styg. Hoe langer elke inwoner in sy/haar huis woon, hoe groter die inkomste wat hy/sy kry om hom/haar te beskerm teen die inflasie gogga.


Hoe word die maandelikse inkomste gegenereer?

Die fondse wat maandeliks versprei word aan elke Jacobsbaai Oord inwoner sal afkomstig wees vanuit ‘n sentrale fonds waarvan 100% van die inkomste maandeliks verdeel word op ‘n vasgelegde patroon. Die inwoners sal inspraak kan lewer oor hoe die fondsbeleggings aangewend word en op hierdie wyse word daar gebruik gemaak van die enorme kennis wat opgesluit lê binne die geledere van ‘n groep afgetredenes.


Hoe kan die okkupasiereg beëindig word?

Okkupasiereg word beëindig wanneer beide die koper en sy/haar langslewende eggenoot/eggenote tot sterwe kom of wanneer hy/sy besluit om dit te verkoop.


Wat gebeur by die beëindiging van ‘n okkupasiereg?

By die beëindiging van die okkupasiereg kry die gebruiker of sy/haar erfgename die volle verkoopprys tot en met die bedrag wat daarvoor betaal was, sowel as 50% van die vermeerderde waarde daarvan.


Kan ‘n Jacobsbaai Oord eenheid gekoop word namens iemand anders?

‘n Jacobsbaai Oord eenheid kan namens iemand anders gekoop word, maar die transaksie moet in die naam van die ander persoon plaasvind siende dat die gebruiksreg van die eenheid gekoppel moet word aan die persoon wat die eenheid gaan bewoon.


Kan ‘n Jacobsbaai Oord eenheid verhuur word?

‘n Jacobsbaai Oord eenheid kan verhuur word, maar verhuring moet geskied onderhewig aan die toestemming en voorwaardes van die Jacobsbaai Oord Bestuursvereniging.


Wanneer sal die Jacobsbaai Oord klaar gebou en ontwikkel wees?

Die ontwikkeling van die Jacobsbaai Oord sal tot ‘n groot mate bepaal word deur die aanvraag, maar die oorspronklike plan was om fases 1 tot 5 van die Jacobsbaai Oord te bou en te verkoop binne vyf jaar.


Wat is ingesluit in die toekomstige administrasie gebou van die
Jacobsbaai Oord?

Die volgende fasiliteite sal ingesluit wees in die toekomstige administrasie gebou van die Jacobsbaai Oord: ‘n kombuis, eet en kroeg fasiliteite, onthaal geriewe, ‘n biblioteek en moontlik ‘n rolbalbaan indien die inwoners so sou besluit.


Kan self tuin gemaak word?

Elke inwoner het die keuse om self tuin te maak of om gebruik te maak van tuindienste teen ‘n ekstra koste.


Hoe naby is die Jacobsbaai Oord aan bestaande geriewe?

Die Oord is geleë binne stap afstand vanaf die plaaslike restaurant, Die Weskusplek. Dit is 14km vanaf die kliniek te Vredenburg, 12km vanaf die nuwe winkelsentrum wat duskant Vredenburg gebou word, is 6km vanaf die Saldanha golfbaan en 14km vanaf die baan by Vredenburg. Die Jacobsbaai Oord is 22km vanaf die Weskus Nasionale Park natuurreservaat. Dit is aangrensend aan ‘n perseel wat gesoneer is vir hospitaal en mediese doeleindes. (Kliek op Ontwikkeling om uitleg te sien.)